Show Notes
In hierdie program kyk ons na Petrus se pad van val, berou en herstel soos beskryf in Lukas 22 en Johannes 21.
Wat gebeur wanneer ons eerlik in die “spieël” van ons eie lewe kyk, en hoe herstel Jesus mense wat gefaal het? Ontdek hoe God vandag nog harte verander, geloof versterk en nuwe hoop gee aan elkeen wat na Hom terugkeer.